Ek is baie bly dat ek met my eerste ervaring as ‘n fotograaf se assistent, hierdie twee dames kon afneem. Leandri & Ilse het dit maklik gemaak om hul sprankelende persoonlikhede & plat-op-die-aarde leefwyse vas te vang.
Leandri het ons genader en gevra dat ons ‘n foto sessie saam met haar en haar verloofde, Ilse, sal aanpak. Ons het geinspireerd gevoel om bietjie buite die mure van ons ‘comfort zone’ te wandel en het toe besluit om ‘n Sushi-tema vir die shoot. As ervare sushi-liefhebbers het die paartjie gretig ingestem! Ons het sommer gebruik gemaak van Leandri se ma se kombuis en ruim leefarea en het dit baie geniet om lekker sushi & mooi fotos saam met hulle te skep!
































Die foto’s is amazing! ‘n Mens kan sien hoe lief hulle vir mekaar is.